Sport

Letaba se eerstes wen Musina wegwedstryd

Letaba-rugbyklub se eerste span het die afgelope naweek na Musina gereis vir 'n vriendskaplike wedstryd tydens 'n rugbydag wat deur Musina rugbyklub-aangebied is.

Die manne van Letaba het teen die gasheerspan gespeel en het die wedstryd baie goed begin. Du Toit Hartzenberg het in die eerste 15 minute van die wedstryd vinnig twee drieë gedruk, maar is kort daarna van die veld af met ‘n dyspierbesering.

Bernard van der Schyff en Clemens Mushwana druk elkeen ‘n drie en Wynand van Niekerk slaag in een doelskop en een strafskop. Letaba wen die kragmeting met 25-19. Theo Mare word as die speler van die wedstryd aangewys en die spankaptein, Picasso Coetzer meen dat Damien Brass en Jean Pretorius Saterdag ook ‘n goeie dag op die veld gehad het.

Lees ook: Letaba reg vir lang pad na Musina

Voor die liga op 13 April begin sal Letaba ‘n laaste vriendskaplike wedstryd by Louis Trichardt-rugbyklub se Conway-rugbydag speel. Twee spanne sal in aksie wees teen spanne van Musina.

Die liga skop daarna af met wegwedstryde teen Potties op 13 April en tuiswedstryde teen Noordelikes op 20 April. Om saam met Letabarugbyklub te oefen, skakel Bennie Kruger by 083 635 1731, Dippies de Beer by 078 538 3508 of Carel O’Neill by 079 693 2292.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button