Theo publiseer ‘n boek
Voormalige redakteur van verskeie Caxton tuiskoerante en inwoner van Roodepoort het nou sy eie boek die lig laat sien.
Theo Eybers se publikasie, Omega, behoort in die smaak van baie lesers te val.
Dit is ‘n lekkerlees spanningsverhaal, maar met ‘n besondere geestelike aanslag.
Die storie is internasionaal met die CIA, die FBI en die Iranse intelligensiediens, MOIS, in die prentjie.
Maar dit is ook plaaslik rondom Poth en Johannesburg. En die Illuminati, ‘n wêreldmag soek die bloed van ‘n Suid-Afrikaanse professor.
Dit berloof om die leser op ‘n gedagtevlug-wêreld te neem waar hy of sy nog nooit was nie.
Theo was redakteur van ondermeer Kempton Express, Randburg Sun en ander Johannesburgse koerante.
Hy was ook later bestuurder van die Wes-randse tak van Caxton wat Roodepoort Rekord, Krugersdorp Nuus en Randfontein Herald publiseer.
Die boek is beskikbaar by www.publishingworldsa.com en is ‘n ideale kersgeskenk.