Vinnige geurige goedkoop ‘Janu-worry’ kerrie hoender
Hier is ‘n lekker vinnige geurige goedkoop kerrie hoender resep om jou te help rande rek tot die einde van Januarie.

Genoeg vir 6.
Bestanddele:
45ml (3 e) masala-kerriemengsel (of na smaak) 125ml (1/2 k) koekmeel sout en gemaalde swartpeper 8 hoenderborsies, in repies gesny 15ml (1 e) olyfolie 2 grootuie, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 2 x 410g-blikke heel, geskilde tamaties 250ml (1 k) ongegeurde laevetjogurt. vars koljanderblare 500ml (2k) gaar basmati-rys
Stappe:
1. Meng 30ml van die masala-poeier met die koekmeel, sout en swartpeper.
2. Rol die hoenderrepies in die mengsel en skud die meel af.
3. Verhit die olyfolie in ‘n pan en verbuin die hoender daarin, verwyder en hou eenkant
4. Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot sag en deurskynend.
5. Voeg die tamaties en die res van die masalapoeier by die uiemengsel.
6. Voeg die hoender by en prut vir nog 15 minute of tot die hoendergaar is.
Geur met sout en swartpeper.
7. Roer die jogurt en koljanderblare deur en sit met basmati rys voor.



