EntertainmentLifestyle

#WRADChallenge2019: Vier hardopleesdag en word weer lus vir lees

Neem ’n video van ’n klas wat hardop lees of neem van die jonger kinders af wat voorlees uit hulle leesboeke – en stuur dit aan Afrikaans.com.

Komende Vrydag, 1 Februarie is  Wêreld-hardopleesdag  – ’n inisiatief wat Afrikaans.com na aan die hart lê.

Veral in die lig van die geletterdheidskrisis in Suid-Afrika.

“Ons kan die waarde van voorlees vir ons kinders nie genoeg beklemtoon nie. Om behoorlik en met begrip te lees, is noodsaaklik om suksesvol te leer. Boonop maak dit wêrelde oop. Maak dus tyd en lees vir jou kind. So maak jy hulle weer lus vir lees,” vertel Ingrid Erlank, Redakteur van Afrikaans.com

Read: Sparking the love for reading

Letaba Herald skep dus hiermee ‘n bewuswording aan ons skole in ons gemeenskap vir hierdie dag.

Neem ’n video van ’n klas wat hardop lees of neem van die jonger kinders af wat voorlees uit hulle leesboeke – en stuur dit aan Afrikaans.com.

Hulle plaas dit graag met erkenning op hulle webtuiste.

Die dag herinner is opnuur aan die belangrikheid en positiewe impak van hardoplees en stories met kinders deel.

“Afrikaans.com beskou die geletterdheidskrisis in Suid-Afrika in ‘n ernstige lig en sien daarom die potensiaal in ‘n inisiatief soos Wêreld-hardopleesdag raak. Ons kan elkeen ‘n verskil maak,” luidens Erlank.

Jy kan ’n verskil maak met Nalibali se uitdaging: #WRADChallenge2019

Die organisasie, Nalibali (Nal’ibali in isiXhosa vir “hier’s die storie”) vra dat die publiek hulle moet help om hulle doelwit om vanjaar op Wêreld-hardopleesdag hardop vir 1.5 miljoen kinders te lees, te verwesenlik.

Wat jy moet doen:

  • Gaan plaas jou belofte op Nalibali se webtuiste by https://nalibali.org/WRAD-2019. Hiermee belowe jy om op die dag hardop vir die kinders in jou lewe te lees.
  • Volg die stappe soos op die webtuiste.
  • Lees op 1 Februarie *vanjaar se storie (op Nalibali se webtuiste: https:/nalibali.org/) vir die kinders in jou lewe voor.

*Vanjaar se storie is “Waar is jy?” deur Ann Walton. Jy kan die storie aflaai in enige van Suid-Afrika se amptelike tale. Gaan kyk by https://nalibali.org/WRAD-2019/download-the-story en klik op die taalblokkie van jou keuse.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button