News

Gericke in gees agter die spiere

Filmmaker Leon Schuster hierdie keer deel van rolverdeling.

Die wêreld se belowendste jong middelafstand atleet, Bok sielkundige, motiveerder van Olimpiese sportmanne en nou op die silwerskerm!

Die 14de kykNET Silwerskermfees, word van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied en ’n kort dokkie oor oud Middelburger, dr Henning Gericke, gaan ook vertoon word.

Die geskiedkundige Botshabelo sendingkerkie word ook in die dokkie gewys. Dr Gericke is met die liefde van sy lewe, Hennelie Joubert, op 2 Desember 1989 uit die kerkie getroud. Sy is ’n oud Hoërskool Middelburg leerling en die dogter van dr Leon en Ria Joubert.

Henning Gericke by sy vrou Hennelie.
Dr Henning Gericke en sy vrou Hennelie, wat die afgelope tyd ’n stryd voer met guillain barre-sindroom. FOTO: Verskaf.

Hy het steeds ’n sagte plekkie vir die terreinmuseum.

Die kort dokkie met die titel “Die gees agter die spiere” gaan meeding teen onder andere hoe voel dit om ’n rooikop te wees “Rooi van aard” of ’n ware armdruk-kampioen “Druk dit!” of ’n vergaarder wat ’n Tretchikoff-obsessie ontwikkel ná ’n internetkopie “Pappa Kitsch”.

Die kykNET Films lokprent. Verskaf.

Die “Gees agter die spiere” vra wat verg dit om top-sportmense van rugbyspelers tot swemmers se koppe gesond te hou.

Dit word beskryf as ’n sportdokumentêr met regisseur Pierre Malan.
Kinematograaf: Philip van Zyl
Rolverdeling: Dr Henning Gericke, Leon Schuster, Os du Randt, Cameron van der Burgh, Hennelie Gericke
Produksiehuis: Pierre Malan en Natie Ferreira

“Die gees agter die spiere” kyk na die werk van dr Henning Gericke – ’n sportsielkundige vir, onder meer, die Springbokspan, maar onbekend by die algemene publiek. Hierdie intieme, inspirerende dokumentêr gaan verder as net die wedstryd. Dit werp lig op die persoonlike stories, teëspoed, uitdagings en oorwinnings van wêreldklas-sportlui en wys hulle as simbole van hoop.”

Altesaam 22 rolprente word by die Silwerskermfees vertoon, waaronder 17 kortfilms (ingesluit vyf dokumentêre kortprente) en vyf vollengte-rolprente (ingesluit een dokumentêre film). Gevestigde regisseurs en draaiboekskrywers wys hul slag, terwyl opkomende filmmakers die geleentheid kry om die wêreld van visuele storievertelling te betree.

Agttien films ding mee in die kompetisie, met die pryswenners wat op Saterdag 22 Augustus aangekondig word. (Twee vollengte- en twee kortprente is nie deel van die kompetisie nie).

Die geskiedkundige Botshabelo sendingkerkie.
Die geskiedkundige Botshabelo sendingkerkie. FOTO: Rudi van Wyk.

Bekroonde prente wat reeds by verskeie internasionale feeste vertoon is en ook deel vorm van die program, sluit in Jacobs en Delmar se Variasies op ’n tema – wenner van die gesogte Tiger-prys (die topprys) by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees – asook Dian Weys se kortprent Aasvoëls en regisseur en medeskrywer Aadil Dhalech se Bosryer. Die program sluit ook die vollengte-dokumentêr From Dust We Spin van Julia Jansch in.

Die publiek kan van vandag af (Maandag 22 Junie) af kaartjies bespreek by Quicket, ook vir die glansryke bloutapyt-geleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum op Saterdag 22 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button