News

Dam klim steeds!

Die Middelburgdam se vlak styg steeds en daar is pas bekend gemaak dat hy al op 34.15% staan!

Die vlak was Maandag op 32.5%, waarna daar dieselfde dag 135 mm reën by EDE Farming geval het. Dit het veroorsaak dat die dam ’n skielike inloop begin kry het.

Dinsdag was die vlak 33.8%, Woensdag 33.9% en vanoggend bo 34%.

• Damopsigter Neels Struwig sê daar is steeds ’n inloop en dat dit die erge verdamping gestabiliseer het.

• Dit het hierdie week vanaf Donderdag tot vanoggend 73mm gereën by die dam.

Vir die dam om vol te word, het ons goeie reën in die opvanggebied, Hendrina, nodig. Dit het laasnag 18mm op Hendrina gereën.

Lees ander nuus hier:

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button