News

Video: Ssss-swartmamba boos agter die glas

’n Swartmamba het boosaardig teen die glas van ’n staanhorlosie gepik, nadat hy daar ingeseil het en die mense aan die buitekant van die glas gesien het.

Die huismense het bande om die staanhorlosie vasgemaak om die swartmamba veilig binne te hou.

‘n Mens kon duidelik sien hoe groot die swartmamba was deur die staanhorlosie se glas.

Dié swartmamba is net buite Middelburg op ’n plot in die motorhuis van die Collier-gesin opgemerk. Die oomblik toe hy in die staanhorlosie inseil, is hy veilig toegemaak, sodat hy later deur die Herpetologiese Vereniging gevang en losgelaat kon word.

Victor Boshoff en Mark Salzwedel (Middelburg Herpetologiese Vereniging) nadat hulle die slang uit die staanhorlosie gehaal het.

Die slang is reeds vrygelaat.

Hulle het die slang baie versigtig uit die staanhorlosie losgewoel.

• Lees die volledige berig in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Die slang is versigtig in ‘n sak gesit om hom later vry te laat.
Die swartmamba wys vir ‘n laaste paar sekondes hoe kwaai hy kan word.

 

@middelburgobserver

Black Mamba! Woedende swartmaba kry lêplek in staanhorlosie net buite Middelburg. Later veilig vrygelaat in berge by Loskop Natuurreservaat. #blackmamba #mamba #mambamentality #middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Check Also
Close
 
Back to top button