Sport
Tyd vir die fietsry ber(n)e om uit die bed te klim
Ysbere het vanoggend in bitter koue getttt...rap
Jy kry ysbere…en dan kry jy bere wat hiberneer.
Vanoggend het die ysbere in die bitter koue gaan fiets ry.
Winter, somer, koue, sneeu, hulle ry.
Somtyds trap hulle, terwyl die temperatuur onder vriespunt is.
Die ander bere het vanoggend die wolkombers stywer oor die kop getrek en verder geslaap.
Dit is hulle wat elke oggend uitroep: “Komaan somer!”
Maar nou is hibernasie verby vir die roadies, die padfietse.

- Op 8 Augustus begin ’n besige padseisoen met die Rooiwal Vrouedag wedren van Lenick Promosies, net anderkant Pretoria. Dit is ’n gewilde wedren oor 26, 50 en 95km.
- Op Sondag, 16 Augustus, word die jaarlikse N3TC Meals on Wheels 2026 op Heidelberg aangebied. Daar is afstande van 53km en 108km. Daar vind die dag ook kosinsameling plaas vir Meals on Wheels.
- Diegene wat ’n naweek wegbreek met die fietsry wil kombineer, kan inskryf vir die Buffelstrap by ATKV Buffelspoort op 22 Augustus. Daar is afstande van 49 en 96km.
- Op 29 Augustus is dit Radsport se beurt met wedrenne oor 26, 52, en 95km ook by Rooiwal, Elandstraat 242. ’n Stil sirkelroete word gevolg met net een werklike klim. Dit kan vir die jaagduiwels aanbeveel word. Wegspring is om 8:00.
- Die Blue Diamond Classic word op 12 September by die Ditsong Willem Prinsloo Museum aangebied. Daar is afstande van 91km en 65km. Daar gaan kosstalletjies en ’n biertuin wees, met piekniekplek vir deelnemers en hulle ondersteuners.
- Op 25 Oktober is dit weer die beurt van Ditsong Willem Prinsloo Museum met die Summertime Classic. Afstande is 65 en 91km.
- Die East Side Classic spring by Carnival City op 1 November weg, met afstande van 59km en 103km. Dit is ’n goeie oefenlopie vir die RideJoburg wat op 22 November 2026 plaasvind en by die Kyalami Grand Prix renbaan wegspring. Die afstand is 97km.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
