Sport

Dankie tog vir Swart

Pumas sonder Fleurs in maak of breek wedstryd teen Cheetahs.

Dankie tog vir Clinton Swart!
Die ervare losskakel het net betyds van sy besering herstel om Saterdag in die opdrafspan teen die Vrystaat Cheetahs te wees.

Met Nevaldo Fleurs wat beseer is, kom Swart se terugkeer soos manna uit die hemel.
Dit is ’n wedstryd wat die Pumas móét wen om seker te maak hulle kwalifiseer vir die Curriebeker se uitspeelwedstryde.

Tuishalfeindstryd reeds verseker

Frans Steyn se Cheetahs het egter die luukse om reeds van ’n tuishalfeindstryd verseker te wees.
Jimmy Stonehouse het seker al meer as een keer hierdie seisoen kopgekrap oor ’n span wat een week kook en die volgende week louwarm opdaag.

Puma-ondersteuners sal hoop dat ’n witwarm Pumas-span Saterdagmiddag in die Mbombela Stadion opdaag.
Dit is duidelik dat Stonehouse ’n aanslag deur die Vrystaters se voorspelers verwag, want hy het slegs twee agterspelers op die bank gekies.

Pumas:

Jaycee Nel, Darren Adonis, Sango Xamalashe, Wian van Niekerk, Banie Britz, Clinton Swart, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht (k), André Goedhals, Thabo Ndimande, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers, Chyle van Zyl, Zukisa Sali.

Plaasvervangers:

Gustav du Rand, Etienne Janeke, Junior Banda, Stephan Krugel, De Wet Marais, Ntsika Fisanti, Tino Swanepoel, Russwill Fredericks.

  • Vandag, 28 Augustus, vind die laaste rondte van die Curriebeker plaas, waarna die uitspeelwedstryde volg.
  • Die Leeus pak die Stormers XXIII om 17:05 op Ellispark, terwyl Hollywoodbets Haaie XV om 19:15 op Kings Park teen die Bulle uitdraf.
  • Saterdag om 14:00 speel die Pumas teen die Cheetahs in die Mbombela Stadion.
  • Sondag is dit Boland teen Griekwas om 15:00 in Wellington.

Die Suzuki Griekwas en Cheetahs het tans albei 26 punte, maar die Diamantvelders spog met ’n beter punteverskil. Die Pumas is op 17 punte, gevolg deur Sanlam Boland Kavaliers (16), DHL Stormers XXIII (16), Fidelity ADT Leeus (15), Hollywoodbets Haaie XV (13) en Vodacom Bulle XV (5).

Behalwe vir die Bulle, kan enige van die ander spanne steeds deurdring na die uitspeelwedstryde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button