NewsBreaking News
Nuusflits: Bekende prokureur vermis
Bekende Middelburg prokureur, Erhard Taljaard (54), is vandag (Woensdag) as vermis by die Middelburg polisie aangemeld nadat hy nie by die werk opgedaag het nie.
Hy is laas by die Engen vulstasie naby die Cowen Ntuli en Walter Sisulustraat kruising gesien, kort nadat hy sy huis in Clubville verlaat het oppad werk toe.
Adj. Lize de Witt, van die Middelburg polisie, sê dat mnr. Taljaard ’n goudkleurige Toyota Fortuner met die registrasienommer HRS 801 MP ry. Daar word nou gepoog om die voertuig op te spoor.
Enigiemand met meer inligting word versoek om vir Minette Harmse by 083 387 7511 of sers. Vincent Komane by 079 373 4704 te bel.
Lees relvante stories hier:
Breaking News: Man from Nasareth missing
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
