Jong boer ontduik misdaad statistiek met vinnige optrede
Die vinnige optrede van 'n jong man het verhoed dat sy ouers deel van die plaasmoordstatistiek word.
Barend Venter (28) was het net klaar sy bakkie in die stoor getrek toe daar skielik ses mans langs hom staan.
Hy en sy ouers, Koos en Wilna, bly op die plaas Moosrivier Gemengde Boerderye in die Groblersdal distrik.
Lees: Dogter verkrag tydens plaasaanval
Barend het kop gehou en begin om al die knoppies op die afstandbeheer in sy hand te druk. Sy bakkie se alarm het begin skree toe hy die paniekknoppie raak druk.
Dit het sy aanvallers laat vlug. Die Groblersdal polisie het die omgewing gefynkam maar kon hulle nie weer opspoor nie.
Lees: Plaasaanval – boer dood voor helikopter hom kan oppik
• Daar was vroeër die week ook ’n voorval in die Bethal omgewing. Gewapende rowers het ’n sekuriteitswag wat waak by impliment en saad store langs die Bethal-Kriel pad, oorval.
Die wag is rondgepluk en daar is ’n skoot afgevuur. Rowers het met twee sakke saad gevlug.
Die wag het ongedeurd daarvan afgekom.
Ander nuus:
Trane soos riviere by prysuitdeling
Geliefe aan die dood afgestaan? Kerke vat hande om die ondraaglike draagliker te maak
Nuus op ’n drafstap
Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.
