News

Pa ‘skiet’ gesin uit gevaar tydens plaasaanval

’n Pa kon daarin slaag om sy gesin te beskerm en ’n aanvaller te wond in ’n gefnuikte plaasaanval.

’n Projektiel wat sentimeters van ’n man in die muur agter hom vasgeslaan het, is getuie van hoe maklik dinge anders kon uitdraai.

George en Natanya Pieterse en hul kinders Ivo (9) en Zaiden (6) het vir die naweek die plaas Rietfontein op die Van Dijksdriftpad gaan oppas. Sy ouers was by ’n kerkkamp.

Natanya Pieterse

Die egpaar het gaan ondersoek instel toe die honde begin blaf en hulle ’n snaakse kapgeluid hoor. Hulle het in drie mans vasgeloop toe hulle ’n vertrek aangrensend aan die motorhuis oopsluit.

Lees: Jong boer ontduik misdaadstatistiek met vinnige optrede

Mnr. Pieterse kon sy vrou uit die pad stamp, kort voordat daar op hulle geksiet is. Hy het teruggeskiet en gesien hoe een van die aanvallers val en weer opstaan, voordat hy saam met sy makkers gevlug het.

Die reuse gat wat die projektiel gemaak het toe daar op die Pieterse egpaar geskiet is, in vergelyking met ’n 9mm doppie.

Me. Pieterse het na haar kinders se kamer gehardloop om hulle te beveilig en vir hulp gebel. Die eerste mense was minute na haar oproep op die toneel. Polisielede en ander boere uit die omgewing het kort daarna opgedaag.

Ivo en Zaiden het die hele voorval beangs uit hul slaapkamer aangehoor.

Daar is ’n bloedspoor en vingerafdrukke in die motorhuis gekry. Gate in die motorhuis dui daarop dat daar met ’n groot kaliber geweer van buite af op die Pieterse egpaar geskiet is.

Lees: Plaasaanval – saak weer uitgestel vir borg

Kapt. Khanyisile Zwane, Middelburg polisiewoordvoerder, het gesê dat die polisie ’n poging tot inbraakklagte ondersoek. Drie verdagtes is gearresteer. Hul name is nog nie bekend nie. Kapt. Zwane kon ook nie bevestig of een van hulle gewond is nie.

Ander nuus:

…én jy gaan verantwoordelik wees vir sy oordosis

Daar is ’n tyd vir alles…toe hang bejaarde haarself

Dalk Audi van polisieman se kaping?

Plaaslike dwelmmuil in Hong Kong gevonnis

Gesteelde spoorstawe dalk na Sjina of Indië uitgevoer

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button