News

Koedoe het dorp op hol, want hy hol die hele dorp vol

’n Jong koedoebul het Middelburg op hol. 

Die bul is vroegoggend deur mnr. Gordon Venters gesien waar hy oor die pad gehardloop het in die Suid woonbuurt.

Inwoners oppad werk toe het gewonder of hulle nog slaap toe hulle ’n koedoe in die oprit raaksien. FOTO: Wikus du Plessis.

Oomblikke later het die oproepe ingestroom na www.mobserver.co.za:

“Die koedoe is by HTS Middelburg se sportvelde.”

“Die koedoe is by OK Grocer”

…en laaste

“Die koedoe is in Vosstraat!”

Die arme koedoe het die dorp vol gehardloop op soek na skuiling. FOTO: Wikus du Plessis

Die dorp het al vreemde diere in sy strate gehad soos otters, likkewane, pofadders, ’n swartmamba, bobbejane, ape, muishonde, vlakvarke en muskelaajtkatte, maar nog nooit ’n koedoe nie.

•’n Joernalis van www.mobserver.co.za, Morgan Jansen van Vuuren, is op die koedoe se spoor…

Stories oor ander diere in die dorp:

Hou vas jou matras, daar is ’n bobbejaan in jou erf

Slang in kantoor

Wat stink so?

Hiert jou vlak-vark!

Video – Tierboskat in Kanonkop

‘My lief, daar is ’n mamba in ons kamer’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button