Crime

Dink hy word gekaap

'n Agttienjarige jongman se kop is Saterdagaand oopgeslaan deur 'n man wat 'n insittende was in 'n wit BMW.

Walter Oosthuizen was Maandagoggend nog besig om verklarings by die polisie af te lê en sy oom, mnr. Walter Jackson, het vertel van die gebeure (soos Walter aan hom beskryf het).

Walter was Saterdagaand by Burger Hut en het kort voor 22:00 gery om sy neef, Walter Jackson (jnr), te gaan oplaai by ‘n partytjie.

Hy het hom afgelaai en het teruggery in Kogelstraat, toe hy skielik ‘n voertuig agter hom opmerk wat net sy misligte aan het.

Die oomblik toe hy voor die spoedwal stop by die stopstraat, het die wit BMW voor hom ingejaag en skielik voor hom in die pad gerem.

Walter het gedink dat die mense in die voertuig hom wil kaap, waarop hy met sy Toyota Conquest agteruit gery het en in die eerste straat wat naby was afgejaag het.

Onder in die straat het hy besef dit is ‘n doodloopstraat en hy het ‘n U-draai probeer maak, maar die voertuig het op die sypaadjie (hoek van Morkel- en Hoogstraat) beland en hy kon nie verder ry nie.

Walter het uitgeklim om te kyk watter skade aan sy voertuig was, maar op hierdie stadium het die BMW by hom gestop.

“Walter het vir ons vertel dat die een man hom dadelik begin slaan het met ‘n staalpyp,” sê mnr. Jackson. Mense in die omgewing het die radiogroep en polisie gebel, waarop een van die drie insittendes van die BMW gearresteer is.

Daar is gemeld dat ‘n vrou later opgedaag het en die staalpyp uit die voertuig gehaal het. Sy het daarmee probeer wegkom, maar iemand het dit gesien en die pyp by haar gevat.

Walter is na die Life Midmed Hospitaal geneem waar hy 10 steke in sy kop moes kry. Hy het ook kneuswonde aan sy arms gehad.

Volgens mnr. Jackson het die dokter wat Walter behandel het, gesê dat hulle hom “kon doodgeslaan het.”

• Die bestuurder van die BMW se naam kan nie gepubliseer word nie, omdat hy teen druktyd nog nie in die hof verskyn het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button