Video: Polisie gryp vermeende diewe
Binne etlike ure vandat 'n vrieskas vanaf 'n boot gesteel is, het die polisie drie verdagtes vasgetrek en verskeie ander gesteelde artikels teruggevind.
Mnr. en me. Theuns en Marina Lourens (van MC Lourens Rebuilding Centre, Vaalbank plot 17) was Vrydag vol lof vir die blitsige optrede van die polisie.
Die gesin het net na 01:00 Vrydag wakker geword toe die besigheid se heiningalarm afgaan. Mnr. Lourens het met sy bakkie teen die heining afgery en oral met ligte rondgekyk of hulle iets sien, maar niks gevind nie.
Hul seun, TJ, het vroeg Vrydag oopgesluit en agtergekom dat daar ‘n vrieskas van hul boot, wat in die stoor gestaan het, gesteel is. Dit was die tweede inbraak binne etlike dae, nadat daar verlede Dinsdag in die vroeë oggendure ook batterye en diesel by die besigheid gesteel is.
Die booswigte het deur die nag ‘n reuse gat gegrou om die vrieskas daardeur te tel. Hulle het CCTV videomateriaal nagegaan wat gewys het hoe die diewe met die vrieskas vlug.
• ‘n Video waar gesien kan word hoe die diewe die nag met die gesteelde vrieskas vlug:
Hulle het dadelik die Middelburg Polisie gebel. “Dit was ongelooflik, die polisie was binne 10 minute hier en het dadelik met hul ondersoek begin!”
Verskeie mense wat by die informele nedersetting naby die plot bly, is ondervra, waarop die polisie drie verdagtes vasgetrek en al die gesteelde artikels teruggevind het. “Binne 20 minute vandat hulle met hul ondersoek begin het, is die verdagtes gevang en is alles teruggekry!

