Crime

(Nuusflits) Grafiese Inhoud: Hond vermink vir moetie

’n Engelse bulhond is verwurg en sy geslagsdeel afgesny. Daar word vermoed dat die geslagsdeel vir moetie gestroop is.

Me. Sonel du Toit was steeds hewig ontsteld toe sy vertel wat met haar hond, Brakkies, gebeur het.

Die gesin bly in Oosstraat in ’n pypsteelerf, maar hul twee Engelse Bulhonde was voor in die erf by hul ouers om as waghonde te dien.

Almal is vanoggend (Vrydag) werk toe, maar is vroegoggend gebel deur die bure, Ockert en Lulu Venter, dat hulle die hond dood in hul erf gekry het.

Me. Du Toit sê hulle het gedink die hond is vergiftig, maar niks kon hulle voorberei op wat hulle gekry het die oomblik toe hulle die hond omdraai nie.

“Hulle moes hom óf verwurg óf sy nek gebreek het, want in die proses het sy oogtande deur sy tong gedruk. Daarna het hulle sy geslagsdeel afgesny!

Me. Du Toit sê sy sukkel steeds om te glo dat haar hond op so ’n wrede manier doodgemaak is. “Ek sou dit miskien nog kon aanvaar as hulle gesê het dat hulle vir hom gif gegee het, maar om my hond dood te maak en sy geslagsdeel te vat!”

Alle aanduidings is dat die hond se geslagsdeel gestroop is vir moetie. Me. Du Toit sê sy het egter ook al gehoor dat daar ’n bygeloof is dat sommige mense glo dat hulle steriel kan raak as ’n Engelse bulhond hulle byt.

“Kon hulle dalk die geslagsdeel afgesny het met die geloof dat hulle nie steriel sal raak as hulle naby dié tipe honde kom nie?”

Sy het gemeld dat toe sy die veearts daarvan in kennis stel, hulle haar meegedeel het dat dit die tweede voorval is

binne die laaste paar weke. Na wat verneem word is daar tydens dié voorval ’n Shar-Pei doodgemaak.

• Senior insp. Petro Oberholzer (Middelburg Dierebeskermingsvereniging) was uiters omgekrap oor die voorval.

“Ons kan ’n saak oopmaak onder die dierebeskermingswet van dieremishandeling en -verminking, maar teen wie open ek die saak?”

Drie Mosambiekse burgers is Dinsdag in Giyani in hegtenis geneem met leeukoppe en -pote in hul besit. Die moontlikheid bestaan dat hulle verbind kan word met die voorval by Stockpoort waar twee wit leeus wreed doodgemaak is. Die verdagtes is met die koppe van twee wit leeus en agt wit leeupote in hul besit gevind en in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat hulle verbind kan word met soortgelyke voorvalle van leeus wat vergiftig is met hul koppe en pote wat verwyder is in Rustenburg, Bela-Bela en Groblersdal, alhoewel hulle nog nie die leeupote- en koppe van hierdie voorvalle gekry het nie.

Lees ander stories hier:

(Grafiese Inhoud) – Liggaamsdele dalk vir moetie gebruik

Opvolg: Vermeende leeustropers betrap

Lees opvolg hier:

Opvolg: Hond se geslagsdele afgesny

Back to top button