Crime

Nóg leeus afgemaai

Drie leeumannetjies en twee leeuwyfies is Vrydagoggend in die vroeë oggendure vergiftig op 'n plaas in die Groblersdal omgewing.

Volgens a/o Jan Swart van die veediefstaleenheid in Marble Hall is die modus operandi van dié voorval dieselfde as die vorige voorvalle wat in die omgewing plaasgevind het.

“Heel hoenders met temik is vir die leeus gevoer om hulle te vergiftig. Die leeukamp se drade is geknip, waarna twee van die drie leeumannetjies se koppe en pote afgekap is, en die ander drie leeus, vergiftig is,” sê a/o Swart.

le5 (LL ZN)

Die voorval het tussen middernag en 04:00 Vrydagoggend plaasgevind. Al die leeus op die plaas is nou doodgemaak.

Die polisie vermoed dat drie verdagtes by die voorval betrokke kan wees, omdat daar drie stelle voetspore gevind is en gelei het tot by die teerpad waar hul vermoedelik met ‘n voertuig opgelaai is.

le3 (LL ZN)

Die eienaar van dié plaas, wou glad nie met www.mobserver.co.za  praat oor die voorval nie en het geweier dat sy eie of sy plaas se naam bekend gemaak word.

Hierdie is egter ook nie die eerste voorval by dié plaas nie, en daar is reeds op 16 Mei vanjaar ‘n leeumannetjie op die plaas afgemaai. Dié leeu is vergiftig en sy kop en voorpote is afgekap.

Op 17 September was daar nóg ‘n poging om leeus te vergiftig by dieselfde leeuplaas, maar kon die stropers gelukkig nie slaag om die leeus te vergiftig nie.

Le1 (LL ZN)

• Tot op hede was daar reeds sewe voorvalle in die Vallei omgewing waar leeus vergiftig is, waarvan drie van die voorvalle by dié plaas net buite Groblersdal plaasgevind het.

Twee leeuwyfies is aan die begin van September, buite Groblersdal in die Stoffberg omgewing, vergiftig, en beide se koppe is afgekap. Die een se voorpote en die ander se regter voor en agterpote is ook afgekap.

Daar was twee voorvalle op 26 September, waar ‘n leeumannetjie en wyfie dood is, nadat hulle saam met drie ander leeus op mnr. Arthur en me. Sonja Creighton se plaas buite Groblersdal, vergiftig is.

le2 (LL ZN)

Nóg twee witleeus, Tau en Tora is dieselfde oggend by Mbidi Lodge vergiftig en van hul koppe en pote gestroop.
Daar is ‘n verdere twee leeus, Titan en Sahara, ‘n mannetjie en wyfie, in die vroeë oggendure van 9 Oktober vergiftig by Bushfellows Game Lodge.

Lees vorige berigte oor die slagting van leeus hier:

Liggaamsdele dalk vir moetie gebruik

Hulle maak ons kinders dood

Stropers ‘onmenslik barbaars’

Lees ander nuus hier:

Flash terug na die parradys

Pakistani shops close due to protest

Breaking News – Plane crashes at Botshabelo

Protest over land erupt in Mhluzi

Nuusflits: Mduduzi ontsnap en weer gevang

Video: Gemeenskap groet Pottie

Copper thieves busted in Kriel

Power outage Saturday

(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects

Media sak toe op Middelburg

Video: Protesting begins

(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest

Update: Three major political parties to protest during coffin case

Update: Juju on his way to Middelburg

Update: Prepare for chaos

Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker

Send a message to our SMS line 33658 or add us on Facebook and follow us Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Youtube Channel for videos daily!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button