Opvolg: Koue skouer vir dié haat
Regter Sheila Mphahlele se uitspraak in die doodskisverhoor het Willem Oosthuyzen en Theo Jackson se regspan verstom.

Oosthuyzen en Jackson is skuldig bevind aan ontvoering, intimidasie, poging tot moord en twee klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Jackson is ook skuldig bevind aan regsverydeling omdat hy die doodskis wat in die video gebruik is, verbrand het.
Elsabe Juyn, deel van die twee se regspan, het gesê dat die uitspraak van regter Sheila Mphahlele hulle op sekere aspekte verstom het.
“Andre Maree van CarTrack was ’n onpartydige getuie. Een wat die staat voor die verhoor onderneem het om te dagvaar. Dit is toe net glad nie gedoen nie en ons moes dit op ons onkoste doen. Maree ken glad nie vir Theo of Willem nie, hy is heeltemal onpartydig,” sê me. Juyn.

Die regter se interpretasie van die getuienis oor Jackson se voertuig se bewegings volgens ’n satelietopsporingsisteem, maak volgens haar nie sin nie. (Regter Mphahlele het bevind dat daar met die inligting gepeuter kon word nadat die staat ’n soortgelyke verslag waarop die aanklaer, adv. Robert Molokoane, se naam verskyn het, ingehandig het).
“Mnr. Maree kon tog nie weet waar die papier vandaan kom of hoe dit verander is nie. Vir al sy verslae wat hy ingehandig het, het hy screenshots van die oorspronklike data op die rekenaar gemaak, sodat die regter kon sien dat dit dieselfde as die uitgedrukte verslag was,” sê me. Juyn.
Sy meen dat Oosthuyzen en Jackson hul dade erken het, maar nie die elemente wat teenwoordig moes wees as vereiste om skuldig bevind te word op sekere klagtes, nie.
Oor die berg regskostes, is me. Juyn geheimsinnig. Sy sê hulle hoop op ’n wonderwerk.
“Hulle was nie finansiëel instaat om ’n regspan vir twee weke in die hooggeregshof te kon hê nie, maar daar was ons, so wonderwerke gebeur steeds.”
Sy voel dat iemand vir die doodskistwee moet opstaan.
Lees ook:
Update: Accused to call witness on satellite tracking of vehicles
Day two coffin case trial continues
Video: #Coffincase Inspection of location
Day two of coffin case trial about to start in Middelburg
Second day of Coffin Case trial set to start
“Iemand moet wal gooi. Mense dink dalk nie so nie, maar dit kan met enige iemand gebeur. Jy cover en keer nog en voor jy weer sien word jy van rassisme beskuldig.”
Me. Juyn sê dat sy op geen ander plek erger haat en rassisme ervaar het as van die betogers en die publieke banke af nie.
“Die haat wat van die publiek uitgestraal het, was iets vreesliks om te ervaar. Hulle het dit nie eens probeer verdoesel nie.”
Sy meen dat die staat se optrede teen Oosthuyzen en Jackson in skrille kontras is met owerhede wat ‘ander kant toe gekyk het’ terwyl betogers doodsdreigemente teenoor die beskuldigdes asook opsweping tot geweld gemaak het.

“Om buite die hof rond te dans met ’n kis met Theo en Willem se gesigte op, of om poppe met die bordjie ‘Oosthuyzen children’ op ’n kruis te hang en te dreig om hulle dood te maak as hulle uitkom, is eintlik presies dieselfde as waarvan Willem en Theo beskuldig is. Hulle het gesê hulle gaan iemand dood maak, hulle het gesê hulle gaan iemand brand, hulle staan self in die beskuldigde bank daarvoor.”
Me. Juyn sê dat die regspan klaar begin het met voorbereiding vir verskeie moontlike uitkomste op die dag van vonnisoplegging. Een daarvan is om solank ’n oorkonde van die verhoor te laat tik, al is dit eintlik die staat se verantwoordelikheid, indien daar om appel aansoek gedoen gaan word.
Me. Juyn het tydens die verhoor soos ’n hoenderhen beskermend om haar kliënte en hul families gekloek. Daar was talle interessante voorvalle soos toe Jackson buite die Delmashof geklap is deur ’n betoger, of toe hulle in die selle aangehou is.
Sy vertel dat hulle tydens die borguitspraak, twee weke voor die aanvang van die verhoor, in die hof se selle toegesluit is ‘vir hul eie veiligheid.’
Lees ook:
Update: More police ordered to keep order during #Coffincase trial
Day 3 #Coffincase: Cross examination of Sithole completed
Update 11 – Day 3 #CoffinCase trial – as it happens
“Ek het my man gebel en gesê dat daar nou iets verkeerd gegaan het, die beskuldigdes is uit op borg maar die regspan sit in die selle toegesluit.”
Hulle kon eers om 18:30 toe daar besluit is dat dit veilig genoeg is om die deur oop te sluit, terug Pretoria toe ry.
Sy sê dat sy glad nie angstig is as sy saam met haar kliënte uit die hof stap nie, maar eerder vrees dat hulle uitgelok sal word.

“Ek sê altyd vir hulle om agter my in te spring as iemand hulle aanval. Laat hulle die tannie klap, ek kan myself verdedig. Maar hulle kan nie ’n vinger teen iemand lig om hulself te beskerm nie.”
•Lees ook in die Middelburg Observer uitgawe hoe die twee beskuldigdes se vroue afgepers is en hulle der duisende rande verloor het.
