CrimeUpdate

Opvolg: Gifstrooiers los mus en skroewedraaier

’n Inbreker is waarskynlik gepla deur iets, want sy mus het in ’n boom se tak agtergebly.

Die Leonards het omstreeks 06:00 hul twee St Bernards dood in hul erf in Njalastraat (Kanonkop) gekry. Die Schnauzer is steeds by die veearts vir behandeling. Die boosdoeners het hierdie hondjie van kop tot tone sommer met die vleis en gif gesmeer toe sy nie daarvan wou vreet nie.

Wat die gesin omkrap, is dat dit al die derde keer in twaalf jaar is dat hul honde vergiftig is.

Lees ook: Twee huisrowe laasnag

Hulle het onraad vermoed toe hulle ’n skroewedraaier voor die motorhuis optel. Skade aan die motorhuis wys dat hulle dit wou gebruik om die motorhuis van onder af oop te maak.

Die booswig se mus wat op ’n tak agtergebly in die bure se erf waar hy oor die muur geklim het.

In die oprit is ’n handskoen met gif daaraan gekry.

In dieselfde tyd is die dooie honde gevind. Oral in die erf is gif opgetel en aan die palissadeheining het ’n sakkie met gif gehang.

Die een inbreker se mus is in ’n tak in die bure se boom, waar hulle waarskynlik oor die muur geklim het, gekry.

Lees ook: Nuusflits: Kaper druk man in bagasiebak

Dit is helder verlig buite met lige en hulle vermoed dat iets die boewe moes gepla het, waarop hulle gevlug het.

Me. Talitha Leonard wys na die boom van die bure waar die boef se mus vasgehaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button