Crime

Geliefde prokureur tronk toe

Erhard Taljaard, bekende en geliefde plaaslike prokureur, het Donderdagaand in die tronk geslaap.

Mnr. Taljaard het gister in die Kommersiële Hof in Pretoria verskyn op aanklagte van diefstal van net oor die R5 miljoen. Die klagte het gevolg na dit aan die lig gekom het dat mnr. Taljaard geld uit sy prokureursfirma se trustfonds vervreem het. Hy het skuld erken en verskeie getuies is daarna geroep om versagtende omstandighede rondom sy vonnis te beding.

Verwante storie waarin jy sal belangstel: Prokureurs in die spervuur

Die hof het egter beslis dat mnr. Taljaard tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis moet word. Drie jaar van die vonnis is opgeskort wat beteken dat hy effektief vyf jaar tronkstraf gekry het.

Familie het emosioneel toegekyk toe mnr. Taljaard na Pretoria Sentraal gevangenis vervoer is.

Lees vorige artikels oor mnr. Taljaard hier:

Nuusflits – Bekende prokureur vermis

Opvolg – Prokureur opgespoor

Opvolg – Prokureur in  hof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button