Crime

Bokkaptein se baadjie van berugte toer gesteel

Een van Suid-Afrika se bekendste rugbykapteins, Wynand Claassen, se Sprinbokbaadjie tel onder die waardevolle rugby-memorabilia wat die afgelope klompie jare uit klubhuise op die Hoëveld verdwyn het. Onvervangbare truie is uit Belfast en Middelburg se rugbyklubhuise gesteel. Veral Belfast het kwaai onder vandale deurgeloop en die legendariese All Black, Billy Bush, se trui het onder …

Een van Suid-Afrika se bekendste rugbykapteins, Wynand Claassen, se Sprinbokbaadjie tel onder die waardevolle rugby-memorabilia wat die afgelope klompie jare uit klubhuise op die Hoëveld verdwyn het.

Onvervangbare truie is uit Belfast en Middelburg se rugbyklubhuise gesteel. Veral Belfast het kwaai onder vandale deurgeloop en die legendariese All Black, Billy Bush, se trui het onder andere ook in die slag gebly.

Claassen – ’n oud-leerling van Hoërskool Middelburg – het sy baadjie van die berugte 1981 Nieu-Seelandse toer aan Middies geskenk.

In ’n brief aan www.mobserver.co.za het Claassen sy misnoeë uitgespreek.

Buiten sy Springbokbaadjie, het sy MHS eerstespantrui van 1968 ook uit Middies se klubhuis verdwyn, saam met Tommy du Plessis se Boktrui van 1980.

“Aangesien Tommy en ek altwee oud-leerlinge van Middies is, het ons hierdie items spesiaal aan die skool geskenk en het die verdwyning daarvan ons nogal ontstel. Dit was onvervangbare items. Mens wonder steeds waarom die skuldiges noot aan die pen gery het nie, want hierdie tipe memorabilia kan net deur ’n groot versamelaar van rugby-items gehuisves word. Dit moet tog steeds iewers wees!”

By Middelburg Rugbyklub het Francois Rossouw se SA Skole trui verdwyn en Schalk Breytenbach, sewes Bok Conrad Breytenbach se pa, se Suidoos-Transvaal baadjie is gesteel.

Rossouw was die eerste skolespeler van die destydse Suidoos-Transvaal wat vir dei SA Skole gespeel het.

Breytenbach het vir die Suidoos span uitgedraf wat die eerste internasionale wedstryd teen die Poemas op die Johan van Riebeeck stadion gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Johann Gresse

Journalist at Middelburg Observer
Back to top button