‘Jaagduiwel’ beland in die sop
’n Porsche bestuurder is Maandagmiddag op die N4 gearresteer nadat hy volgens owerhede ’n allemintige 256 km per uur gery het.
Theo Nkululeko Mabuza (31) het vandag (Dinsdag) in die Nelspruit Landdroshof verskyn nadat hy na bewering die spoedgrens van 120 km per uur op die hoofweg verontagsaam het.
Mnr. Mabuza is naby die Alkmar tolhek in hegtenis geneem. Hy is vandag op borg van R1 000 vrygelaat en moet weer in Oktober in die hof verskyn.
Sy motor is na sy vrylating op borg, aan hom terug besorg.
• Steve Buys is in die 1980’s naby Middelburg op die N4 in ’n spoedlokval gevang toe hy 244 km per uur, ook met ’n Porche, gery het.
Twee drawwers van die Middelburg Maratonklub het kort daarna die Comrades gaan aandurf met ’n bordjie waarop hulle geskryf het “Middelburg Marathon Klub 244 kmp”. Toe die wegspringskoot klap het die twee drawwers hul bordjie neergegooi en laat spaander.

Byna ’n maand later het Comrades koning Bruce Fordyce by die Middelburg Marathonklub kom kuier om ’n praatjie te lewer. Saam met hom het hy die einste bord gebring wat een van sy vriende langs die pad opgetel en al die pad Johannesburg toe gevlieg het na die Comrades
Read other stories here:
Protesters shut down OR Tambo Street
Caregiver assassinated in Nasaret
Judgement: Eskom allegations ‘in public interest’
