Crime

Nuusflits: R5 000 beloning nou na R10 000 verhoog as jy dié man kan opspoor

Al is daar reeds twee weke ’n R5 000 beloning op die kop van ’n man wat hom voorgedoen het as ’n huiskoper waartydens ’n duur ring gesteel is, is hy steeds op vrye voet.

Me. Natalie Pretorius (van Middelburg) se duur ring van bykans R300 000 en ’n horlosie van sowat R40 000 is op 6 September deur ’n groep wat hulle voorgedoen het as huiskopers uit haar badkamer gesteel.

Die ring van bykans R300 000 wat gesteel is.

 

Die mense, ’n man en twee vroue, het hulle voorgedoen as huiskopers en was so oortuigend dat sy hulle toegelaat het om in te kom.

Lees ook: Video – Huiskopers wat steel

 

 

Die man en een van die twee vroue het haar besig gehou, terwyl die ander vrou die juwele gesteel het.

Die man het op ‘n stadium vir me. Pretorius ’n mis-oproep gegee, waarna me. Pretorius se broer, Stolla Tocknell, hom met die “Truecaller” Toep (App) geïdentifiseer het as Vuyo Alset.

Lees ook: Pasop! Hulle steel blitsig

Beide mnr. Tochnell en www.mobserver.co.za het met mnr. Alset probeer kontak maak, maar hy ignoreer alle navrae.

Die vrou wat die ring gesteel het. Die man en nog ’n vrou het me. Pretorius besig gehou terwyl sy die juwele gevat het.

 

Die familie het eers ’n R5 000 beloning aangebied wat hulle Vrydagoggend na R10 000 verhoog het. Die beloning word uitgeloof vir enige inligting wat daartoe sal lei dat Alset, of selfs enige van die twee ander vroue vasgetrek word.

Enige inligting kan deurgegee word aan konst. Lazarus Mtshweni by 013 249 1678.

Lees ook: So lyk gesteelde juwele

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button