As die mielieprys daal wat van dagga?
Wanneer die droogte te erg raak, die mielieprys daal en die goggas jou oeste opvreet, is dagga dalk net die antwoord.
Veral as hy welig onder skadunette kan groei en die prys nie te sleg is per vuurhoutjiedosie nie.
Probleem is net dat dagga nog nie gewettig is nie.

‘n Bekende boer van die Stoffbergdistrik, Herman Botha, moet hierdie week weer in die hof verskyn, nadat hy na bewering ’n kweekhuis met dagga gehad het.
Also read: You can use dagga at home, WC High Court rules
Hy is in Maart gedurende ‘n dwelmklopjag in Swartwater gearresteer is vir die kweek en verkoop van dagga.

Botha moet weer in die Senwabarwana Landdroshof verskyn.
Lees ook: Trokbande, dagga kom op tussen mielies
Mnr. Botha is op die plaas Redbaan in die Lephalale omgewing gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het dat derduisende daggaplante op die plaas gekweek word.

Hy het kort na sy arrestasie gesê dat nóg die plaas nóg die dagga sy eiendom is.
Lees ook: Dagga verkoop aan skoolkinders
Mnr. Botha sê hy was bloot op die plaas van ‘n vriend vir ‘n naweekkuier toe hy gearresteer is.
