Crime

Hulle soek ‘guns and money’

'n Boer in die Tonteldoos omgewing is in sy slaapkamer deur drie gewapende mans oorval.

Johan Kunneke sê dat hy 03:00 opgestaan het om badkamer toe te gaan en toe weer terug bed toe is. Hy is ’n uur later met ’n pistool teen sy kop wakker gemaak.

Drie gewapende mans het in Afrikaans en Engels gepraat en gevra vir ‘guns and money’.

Mnr. Kunneke is gewurg en herhaaldelik geslaan voordat hy met elektriese koord vasgebind is. Sy aanvallers is weg met wapens uit sy kluis, ’n paar rand kontant en mnr. Kunneke se bakkie.

Lees ook: Seun oor plaasaanval – “Dit kan nie met my gebeur nie”

Na sowat ’n uur se gespartel kon mnr. Kunneke daarin slaag om homself te bevry en hulp by die bure te gaan soek wat die polisie ontbied het.

• Daar was ’n week tevore ’n voorval by mnr. Kunneke se bure, Francois en Helen Malherbe, waar vyf gewapende mans die huis probeer binneval het. Hulle het gevlug toe die Malherbe egpaar alarm gemaak het.

Lees ook: Boer dood voor helikopter hom kan oppik

• Daar heers groot kommer nadat daar ’n skerp toename in plaasaanvalle in die laaste week was.

Verlede Woensdag is ’n man oor die kop gekap met ’n panga in Limpopo naby Letsitele. Hy het die aanval oorleef.

Kuifie Mouton is Donderdag op sy plaas naby Lydenburg oorval en vasgebind. Aanvallers het wapens, geld en sy Toyota Land Cruiser bakkie gebuit. Die bakkie is later naby Steelpoort teruggevind.

Lees ook: Aanvallers boet nooit vir dade

Mnr. Kunneke is Donderdagoggend oorval, aangerand en vasgebind.

Dewald Els is Saterdagoggend op sy plaas naby Ohrigstad in die rug geskiet toe hy gaan kyk het hoekom ’n alarm by sy stoor afgaan. Die wond het genadiglik net weefselskade veroorsaak.

Daar was later die dag nog ’n plaasaanval in die Witrivier omgewing waarin boere ’n huishulp wat met draad vasgebind is gered het.

Sondag is ’n bejaarde vrou op ’n plaas in die Nigel omgewing aangeval. Sy is nie in die voorval beseer nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button