Crime

Ouers eet glo terwyl dogtertjie hulpeloos en honger moet sit en kyk

'n Ma en pa van drie kinders wat in Januarie 2016 uit hul sorg verwyder is weens beweerde verwaarlosing het in die hof op Middelburg verskyn.

Die twee boeties en een dogtertjie, is almal in plekke van veiligheid geplaas deur die kinderhof.

Die boeties was onderskeidelik sewe dae en nege maande oud toe die welsyn hulle uit die sorg van hul ouers verwyder het.

Hul sussie van agt jaar was tydelik by die ouerpaar totdat ‘n geskikte plek van bewaring vir haar gevind kon word.

Also Read: Shocking child abuse, neglect exposed

Die meisie het nooit die binnekant van ‘n kleuter- of laerskool gesien nie en het haarself steeds bevuil toe sy verwyder is.

Sy kon nie praat nie en was op die intelektuele vlak van ‘n tweejarige toe die welsyn toeslaan.

Sy is enkele dae na die verwydering van haar boeties ook verwyder, nadat ‘n pleeghuis gevind is wat aan al haar terapeutiese behoeftes kon voldoen.

Die maatskaplike werker het die ambulansdienste ontbied toe sy die seuns gesien het.

Die pasgebore baba was erg ondervoed en ontwater omdat die ma nie die kind na ontslag uit die hospitaal gevoed het nie.

Hy het ook geelsug gehad en is vir ‘n week lank in die hospitaal behandel.

Lees vorige storie hier: Ouers eet, kinders kyk

Die seuntjie is op die agtersitplek van ‘n kar, wat sy ma hospitaal toe vervoer het, gebore.

Sy het onderneem om die kind tuis vir geelsug te behandel toe die hospitaal die kind wou opneem.

Also read: Mother accused of child abuse. 

Daar is aan www.mobserver.co.za vertel dat die paartjie gereeld kosskenkings ontvang en dit dan alleen opgeëet het terwyl die dogtertjie net kon sit en kyk.

Die ma en pa bly in aanhouding. Hulle sal op 13 Oktober formeel vir borg aansoek doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button