Crime

Anti-korrupsie hoof in sop oor verdwene geld

Die Valke se Anti-korrupsie bevelvoerder in Mpumalanga, is van diefstal asook regsverydeling aangekla.

Volgens die Valke se woorvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, het kapt. Richard Nkwanyana (48) homself vroeër hierdie week aan die Valke in Middelburg oorgegee in verband met ’n ondersoek na die verdwyning van R439 300.

Die ondersoek is geloods nadat die Wes Kaapse Nasionale Intervensie Eenheid verlede jaar in Mei in Mpumalanga ontplooi is. Tydens hul operasie het hul twee kontant bedrae, een van R232 400 en ’n ander van R164 500, van twee afsonderlike verdagtes, in beslag geneem het.

Beide sake is na die Valke verwys vir verdere ondersoek. Die ondersoek het glo egter getoon dat daar geen bewyse teen die verdagtes was nie. Hulle het deur hul prokureurs aansoek gedoen om hul geld terug te kry en hul aansoeke is in die hof in Nelspruit toegestaan.

Die geld kon egter nêrens opgespoor word nie. Kapt. Nkwanyana, wat verantwoordelikheid vir die bewaring van die geld geneem het, het ook glo twee teenstrydige verklarings af gelê.

Dit het ook later aan die lig gekom dat ’n verdere R43 000 van ’n ander bedrag van R118 000 waarop beslag gelê is, vermis was.

Kapt. Nkwanyana het intussen in die hof in Nelspruit verskyn en is op borg van R5 000 vrygelaat. Hy is toegang tot die Valke se kantore belet. Hy moet weer op 17 Oktober in die hof verskyn.

Die Valke se waarnemende hoof, lt. genl. Yolisa Matakata, het gewaarsku dat die onetiese handelinge van haar lede nie geduld sal word nie omdat dit die harde werk wat deur eerlike polisielede gedoen word, ondermyn. Sy het die teenwoordigheid van korrupsie in die polisie ‘‘n kanker’ genoem wat aan die hart van die Valke vreet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button