Crime

Oudleerling byna deel van Vegas slagting

’n Oud-leerling van Hoërskool Middelburg was so byna ’n slagoffer van die Las Vegas slagting.

Hendro Botes het uit Las Vegas met www.mobserver.co.za gepraat oor sy noue ontkoming.

Die Botes broers met hul aankoms in Las Vegas.

Die Botes gesin het op 23 September vir twee weke na Amerika vertrek.

Die tweede nag na hul aankoms in Las Vegas, het die Botes broers by die Mandalay Bay hotel gaan eet waar die skietery plaasgevind het.

 

 

Terwyl die broers in die hotel geëet het, moes Stephen Paddock reeds in sy hotelkamer, in dieselfde gebou, reggemaak het vir die massamoord van 59 mense wat sou volg.

Hy sê dat hulle later in hul hotelkamer op televisie eers besef het wat reg langs hulle gebeur het terwyl hulle in die straat geloop het.

• Paddock het selfmoord gepleeg in sy hotelkamer toe polisie dit inval.

•Lees die volledige onderhoud met Hendro in hierdie week se Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button