R10 000 beloning vir Fox
Mens weet nie of die motordiewe Afrikaans kon praat nie, maar hulle het seker in elk geval nie omgegee toe hulle ’n jong inwoner se motor vanoggend gesteel het waarop daar ’n plakker is: “Praat Afrikaans of bly stil”.
Thinus Jansen (19) het skaars ’n week gelede sy motor op sy naam geregistreer.
Thinus is net na 05:00 deur sy vriende wakker gemaak nadat hulle gesien het sy kar is weg by hulle huis naby HTS Middelburg in Zuidstraat.
Die diewe het die erf se hek oopgebreek en die motor vermoedelik vanoggend om 04:00 gesteel.

Die silwer/grys Volkswagen Fox se een venster maak nie mooi toe nie, en daar is ’n “Praat Afrikaans of bly stil” bruinerige plakker agterop die motor.
Die motor se registrasie papiere is saam gesteel.
Beloning aangebied
Daar word ’n R10 000 beloning aangebied vir inligting wat sal lei tot die terugvind van die motor. Daar is ’n saak by die Middelburg polisie geopen.
Mense met inligting kan hul naaste polisiestasie of mnr. Jansen se ma, Santie Kruger, by 079 666 7345 bel.
•Honde is ook vanoggend in Springbokstraat vergiftig. Daleen Naude is tans op die toneel om vir www.mobserver.co.za verslag te doen.
