Adv. Gibbs begin met betoog
Adv. Gibbs het gesê dat hy dit wil duidelik stel dat die minimum vonnis nie in hierdie saak van toepassing is nie. “Dit is hartseer dat hierdie saak so gepolitiseer is,” het adv. Gibbs sy betoog begin. Hy het die hof versoek om nie deur die betogers meegesleur te word nie en ‘n onafhanklike beslissing …
Adv. Gibbs het gesê dat hy dit wil duidelik stel dat die minimum vonnis nie in hierdie saak van toepassing is nie.
“Dit is hartseer dat hierdie saak so gepolitiseer is,” het adv. Gibbs sy betoog begin.
Hy het die hof versoek om nie deur die betogers meegesleur te word nie en ‘n onafhanklike beslissing te maak.
Gibbs het gesê dat Oosthuyzen vir byna agt maande in aanhouding was en kort voor die verhoor op borg vrygelaat is.
Hy het ook sy werk verloor as gevolg van sy arrestasie.
Oosthuyzen is ‘n eerste oortreder wat nie ‘n geskiedenis van aggressie het nie.
Hy het al met baie mense gewerk en daar was nog nooit ‘n klag van rassisme teen hom nie.
“Ek weet die hof het sy weergawe verwerp, maar hy het vir die hof vertel wat tot sy optrede gelei het. Hy was gedreig.”
Gibbs het herhaal dat Oosthuyzen spyt is dat hulle nie eerder vir Victor Mlotshwa polisiestasie toe gevat het nie.
“Dit sou die hele situasie soos dit nou staan, vermy het.”
Gibbs het verder gesê dat Mlotshwa vir ‘n geskatte 15 minute van sy vryheid ontneem is.
Hy het aangevoer dat daar niks is wat die hof verhoed om van die klagtes saam te neem vir vonnisoplegging nie, omdat dit uit een voorval spruit.
15:10
Gibbs voer aan dat Oosthuyzen maklik sal rehabiliteer. Hy het die hof ook versoek om in ag te neem dat eerste oortreders nie noodwendig tot direkte gevangenisstraf gestuur hoef te word nie.
Hy het ook gevra dat die feit dat hy die broodwinner in die gesin is, die hof moet motiveer om na ander opsies as direkte tronkstraf te kyk.
Oosthuyzen verkoop tans groente en is die enigste broodwinner. Sy vrou, Chane, het probeer werk kry, maar kon net ‘n minimum loon werk kry, wat nie eens haar petrolgeld werk toe en terug sou dek nie.
