Crime

Jackson se omstandighede voor hof verduidelik

Die hof hoor steeds die persoonlike omstandighede, soos deur 'n proefbeampte opgestel, aan.

Die proefbeampte, wat anoniem gehou moet word luidens ‘n bevel van die hof, het getuig oor Theo Jackson se persoonlike omstandighede.

Dit sluit die selfmoord van sy broer in, nadat hy nie meer met sy huislike omstandighede kon saamleef nie.

Jackson is een van sewe kinders wat baie rond getrek het. Sy pa was ‘n alkoholis en het sy ma mishandel. Die proefbeampte het gesê dat Jackson Graad 10 gedruip het omdat hy baie afwesig was as gevolg van sy huislike omstandighede.

Hy het, soos Oosthuyzen, sy werk en blyplek met sy arrestasie verloor.

Toe Jackson op borg vrygelaat is, het hy as nutsman begin werk en daarna ‘n tydelike aanstelling op die plaas Appelboom gekry.

Die hof het vir ‘n 30 minute ete breek verdaag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button