Crime

Broer op moordtoneel

Kort nadat die polisie vanoggend op die toneel aangekom het waar ’n lyk tussen die riete gevind is, het ’n jong man opgedaag en gesê hy is die oorledene se broer.

Daar was baie bloed op die toneel en bronne op die toneel was dit eens dat die oorledene heel moontlik aan ’n skietwond beswyk het.

Die man, wat ’n geel baadjie gedra het, het homself as Felix voorgestel en gesê die oorledene se naam is Bennett.

Lees vorige storie: VIDEO – Dominee vertel van skote

www.mobserver.co.za het met hom probeer praat, maar hy het beduie dat hy nie Engels verstaan nie en van Mosambiek afkomstig is. Hy wou ook nie sy van aan die joernalis verskaf nie.

Hy het die hele tyd saam met die polisie op die toneel gebly.

Dit is nie duidelik hoe hy so vinnig van sy broer se afsterwe en waar dit gebeur het, te hore gekom het nie.

Lees vorige storie: Nuusflits – Lyk tussen riete gekry

Daar is egter aan hom verduidelik dat sy broer geskiet is.

 

Ander nuus:

Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding

Eskom power cuts the whole town

Weather for the week

Want breaking news on the go?

Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button