Doodskistwee vir vonnis in hof
Die doodskistwee sal heel moontlik vandag hoor wat hulle straf is.
Willem Oosthuyzen en Theo Jackson, wat skuldig bevind is aan ontvoering, poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en regsverydeling, se vonnisoplegging is Maandag deur regter Sheila Mphahlele tot vandag uitgestel.
Beide beskuldigdes sit reeds van vroeg af in die beskuldigde bank. Buite die hof staan die nou reeds bekende gesig – kameraspanne, die ANC bus en betogers wat in klein groepies begin saamdrom. Daar is egter vandag ‘n nuwe element – heelwat ondersteuners vir die doodskistwee, meestal in khaki geklee.
In die hof het die polisie gevra dat ondersteuners vir die twee partye, mekaar respekteer en in afsonderlike banke sit. Mens kan nie anders as om te wonder of die twee banke, een ry heeltemal wit en die ander heeltemal swart, nie tog ‘n voorbeeld is van hoe verdeeld die samelewing nog is nie.
Die hofbanke is stadig maar seker besig om vol te word, terwyl kameraspanne kliphard besig is om hul gereedskap reg te kry vir vandag se verrigtinge. Daar sal kort-kort nuwe artikels opgesit word om www.mobserver.co.za lesers op hoogte te hou van wat in die hof gebeur.
Ander nuus:
Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding
Kleuterskool faktotum in hof oor beweerde dade met twee kinders
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.
