Crime

‘Wapens, marteling en moord’ plaasaanvalle se motief

Memorandums wat die erns van plaasaanvalle bepleit is Dinsdag deur Afriforum by verskeie polisiestasies in Mpumalanga, waaronder Middelburg, oorhandig.

Hennie Bekker, distrikskoördineerder van Afriforum Mpumalanga, sê dat die doel van die memorandums was om bewuswording op plaaslike vlak te verhoog asook om ekstra druk op die polisie te sit om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te sien.

Hillel Coetzer van AfriForum by Delmas-polisiestasie.

“Ons noem in die memorandums die brutaliteit van plaasaanvalle asook die kwesbaarheid van boere, wie se naaste bure dikwels kilometers van hulle af bly. Plaasaanvalle moet as prioriteitsmisdaad gesien word.”

Kol Nzima van Bethal en Hennie Bekker (AfriForum) by Bethal-polisiestasie

“Dit is selde wat plaasaanvalle diefstal georieënteerd is. In die meeste van die voorvalle is wapens, marteling en moord die motief,” sê mnr. Bekker.

Kol Mathubane en Gerhard Moll (voorsitter van Standerton-buurtwag) by Standerton-polisiestasie

Lees: Pa ‘skiet’ gesin uit gevaar tydens plaasaanval

Hy sê dat Afriforum tans poog om strukture te versterk om geweldsmisdaad in dorpe en op plase te beveg.

Kapt Van den Berg en Johan Joe Pelser (voorsitter van Witrivier-buurtwag) by Witrivier-polisiestasie

Lees: Boer dood voor helikopter hom kon oppik na plaasaanval

Die memorandums is by polisiestasies in:

  • Barberton,
  • Bethal,
  • Davel,
  • Delmas,
  • Ermelo,
  • Hendrina,
  • Leandra,
  • Machadodorp,
  • Middelburg,
  • Morgenzon,
  • Nelspruit,
  • Piet Retief,
  • Secunda,
  • Standerton,
  • Sundra,
  • Trichardt en
  • Witrivier oorhandig.

Al die polisiestasies het die memorandums positief ontvang sê mnr. Bekker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button