Crime

Verskoning oor die video

Op 20 Maart 2018 is daar op www.middelburobserver.co.za ‘n storie gepubliseer met die titel “Bejaarde man met vrou in bakkie betrap.”

Die video is gepubliseer. In die video was daar ‘n man wat met sy bakkie langs ‘n mielieland parkeer het. ‘n Gemeenskapslid het hom benader en ‘n video van hom geneem.

Die man agter die kamera het vir die man in die bakkie gevra of daar iets fout was, waarop hy geantwoord het dat hy sy broer “daar voor” moes ontmoet.

Toe die bakkie se bestuurder in sy motor teruggeklim het, het die nemer van die video ingezoem en dit het geblyk dat ‘n vrou plat op die bakkie se sitplek gelê het.

Die berig het vermeld dat “talle mense laat weet (het) dat die boer ‘’n man van Hendrina’ is,” maar dat die publikasie kon vasstel dat die bakkie geregistreer wat aan ‘n mnr. van der Westhuizen behoort.

www.mobserver.co.za vra om verskoning vir die feit dat die video en die meegaande teks enigsins gepubliseer is. Die publikasie daarvan is nie deur genoegsame etiese oorwegings voorafgegaan nie en die publikasie daarvan was nie in die openbare belang nie.

www.mobserver.co.za onderskryf die Perskode en het nie aan die kode se standaarde vir verantwoordelike joernalistiek voldoen ten tye van publikasie nie.

www.mobserver.co.za bied sy verskoning aan vir diegene wat negatief geraak is deur die beriggewing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button