Crime

Vrou in gesig gespoeg – raadslid beroof

'n Bejaarde vrou is in haar gesig gespoeg en toegesnou “F..k you, you bloody white bitch. Go to hell!” terwyl 'n straatrower haar hangertjie van haar nek af geruk het in Middelburg se berugte middedorp.

Me. Nellie Maritz (57) se hangertjie is helder oordag by die trappies van die poskantoor van haar nek afgeruk twee weke gelede.

Nou het mev. Jenny Mostert (73) ook in die middedorp deurgeloop.

Lees ook: Vroue se juwele van nekke geruk

’n Gesiene raadslid van Middelburg en voormalige tydren kampioen, Hennie Steenkamp, is ook al by die paskantoor erg aangerand en beroof.

“Hy het keel skoongemaak voor hy my gespoeg het en die slym het van my gesig af oor my klere gedrup.”

Me. Mostert het nie vervoer nie en het bewend tot by die huis gestap.

Lees ook: Opvolg Whisky diewe gesoek

•Die dorp is weer die afgelope week gevange gehou deur die straatrowers wat vroue aanval, deure oopruk en waardevolle items blitsig steel.

Daar word al vir jare ’n beroep op die polisie gedoen om die rowers vas te vat, maar daar kom dadels van.

 

Ander nuus:

VIDEO: Opvolg – Jong Koedoe het kakebeen gebreek

VIDEO: Koedoe hol by skool se ouditorium in

VIDEO: Koedoe het dorp op hol, want hy hol die hele dorp vol

Is ’n boer se lewe net R1000 werd?

Vroue se juwele van nekke geruk

Bonckerstraat is weer skoon!

Weather for the week

Nuus op ’n drafstap:

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuusflits skakels op jou foon te kry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button