Crime

Nasionale Nuus: ‘Bekende pastoor’, nog twee vas nadat hulle van poging om wild te stroop verdink word

’n Spanpoging tussen die polisie se taakmag en die plaaswag in the Hoedspruit area, het tot die arrestasie van drie verdagtes gelei wat die polisie glo verband hou met ’n sindikaat wat wild stroop.

Kolonel Moatshe Ngoepe, Limpopo polisiewoordvoerder, sê dat ’n bekende pastoor van Gauteng en twee handlangers Maandagaand gearresteer is.

Volgens hom het die drie verdagtes in ’n Toyota Land Cruiser bakkie op die R40 tussen Hoedspruit en Phalaborwa gery toe hulle raakgesien is. Die bakkie se bestuurder het versuim om aan die polisie se versoeke om te stop, gehoor te gee.

In ’n jaagtog daarna het die polisie en die verdagtes oor en weer op mekaar geskiet. Een van die verdagtes is in die proses gewond.

’n Jaggeweer, knaldemper, vier rondtes ammunisie, ’n mes, byl en die voertuig is deur polisie gekonfiskeer tydens die arrestasie.

Die toerusting wat deur die polisie gekonfiskeer is. Foto: Verskaf

Kol. Ngoepe sê dat die verdagtes binnekort in die Hoedspruit Landdroshof sal verskyn op klages van poging tot moord en die sameswering om wild onwettig te stroop.

 

Lees ook:

Twaalfjarige wat in ongeluk sterf op familieplaas begrawe

Nuwe medalje in Comrades op die spel vir Middelburg onderwyser

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button