Kindergraffies Vrydag geverf
Hierdie graffies dateer uit die Anglo Boere-oorlog in 1901. “Die 227 kinders wat daar begrawe lê, het reeds die prys betaal sodat ons Erfenisdag kan vier. Hulle hartseer en trane was nie verniet nie, hulle het ‘n duur prys betaal sodat ons vandag die dag kan geniet saam met ons gesinne. ‘n Voorreg wat hulle …
Hierdie graffies dateer uit die Anglo Boere-oorlog in 1901.
“Die 227 kinders wat daar begrawe lê, het reeds die prys betaal sodat ons Erfenisdag kan vier. Hulle hartseer en trane was nie verniet nie, hulle het ‘n duur prys betaal sodat ons vandag die dag kan geniet saam met ons gesinne. ‘n Voorreg wat hulle ontneem was maar ons gegun word.,” het oud-landdros Jan Engelbrecht, wat deel uitmaak van ‘n groep historiese bewaardes van ons dorp, gesê.
Hierdie graffies het deel uitgemaak van ‘n konsentrasiekamp gedurende die Anglo Boere-oorlog.
Voor ‘n groepie kinders die graffies sal verf, sal daar vanaf 09:00 ‘n kort dramatiese program wees waartydens daar ook ‘n oorsig gegee sal word oor die geskiedenis van die graffies.
Daar sal ook ‘n outydse lykswa wees wat deel van die seremonie sal uitmaak.
Verder is daar ‘n uitstalling beplan wat die wel en weë van Middelburg in oorlogstye uitbeeld.
Persone wat die geleentheid bywoon, word gevra dat die vroue ‘n hoed of kappie dra saam met ‘n swart rok. Die mans kan opdaag met ‘n hoed en waar moontlik kakieklere en kruisbande.
Die gemeenskap word gevra om die projek te ondersteun deur met piekniekmandjies en komberse (om op te sit) op te daag en te kom deel in die verrigtinge. Hulle kan ook braaipakkies saamneem, want daar sal aan die buitekant van die begraafplasie plek wees om te braai.
Vir enige navrae, bel landdros Engelbrecht by 013 244 1024.
• ‘n Video sal geneem word wat op die Middelburg Observer se webtuiste te sien sal wees.
• Al die borge vir die projek word van harte bedank.
daleen@mobserver.co.za
