Municipal

Video: Opposisie sê swak bestuur kniehalter werkers, dienste

Die DA het Donderdagaand inisiatief geneem, om die gemeenskap op Facebook en radiogroepe te mobiliseer om te help om die vullis, wat weens ’n staking van munisipale personeel nie verwyder is nie, self op te ruim.

Die DA en lede van die gemeenskap het Vrydag om 08:30 by die Tosca Sentrum in Kanonkop by mekaar gekom en vandaar die strate begin skoonmaak.

“Ons sal nie die hele dorp kan skoonmaak nie, maar ten minste kan ons hier en daar ’n impak maak,” sê die DA se Anthony Benadie.

“Dis nou al weke wat inwoners Woensdae sms boodskappe kry wat sê daar is vertragings met die vullisverwydering,” sê hy.

“Net verlede week was KykNet hier en is ’n groot bohaai gemaak oor die dorp as finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie, en vandag lyk die dorp so!” sê Benadie.

DA raadslid, mnr. Jos Pretorius, sê dat daar talle onklaar vullistrokke is wat vervang moes word, maar dat dit nie gedoen is nie.

Tydens ’n raadsinspeksie verlede jaar was altesaam vyf trokke onklaar, een het bloot net nuwe remskoene gekort.

“Die mense kan nie hulle werk doen in die toestand wat die voertuie is nie, dis so eenvoudig soos dit, en op die ou einde dui dit op swak bestuur,” sê mnr. Pretorius.

Die munisipale personeel het Woensdag begin staak weens die sny van oortyd betalings.

Die personeel word egter gedwing om oortyd te werk weens die tekort aan vullistrokke.

Me. Rehana Pilodia van die burgemeesterskomitee het Donderdagaand op Facebook laat weet dat die staking oor is en dat vullis Vrydag verwyder sal word.

Sy sê daar is nege trokke wat loop en dat daar lankal besluit is om oortyd te sny, “omdat ons nie sal toelaat dat ons soos eMalahleni opeindig nie”.

Sy las by dat die munisipaliteit nie vir unies agteroor sal buig nie, en as dit moet, privaatdienste aangestel word om skoon te maak.

Sy kon nie sê of privaat kontrakteurs wel aangestel is om die dorp Vrydag skoon te maak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button