Municipal

Ekonomie vat nog ‘n hou

'n Donker Kersgety staar Arnot myners in die gesig nadat Eskom aangekondig het dat hy nie die 40-jaar leweringsooreenkoms, wat in Desember verstryk, met Arnot sal hernieu nie.

Altesaam 1 139 permanente myners, en 546 kontrakteurs, se werk is op die spel.

Myners het Woensdag opgeruk na Exxaro se kantore in Arnot om hul misnoeë rakende Eskom se besluit duidelik te maak.

Exxaro is reeds op 8 September in kennis gestel dat die 40-jaar leweringsooreenkoms op 31 Desember sal verstryk, en die myngroep opdrag gegee om die mynsluitingsproses aan die gang te sit.

Arnot myn is een van Eskom se koste-plus myne, wat beteken dat Exxaro die mynregte besit, terwyl alle mynbates aan Eskom behoort.

Eskom tel ook die rekening vir produksiekostes op, wyl Exxaro as’tware ‘n mynbestuursfooi in.

Eskom is al sedert 2013 met Exxaro in gesprek oor die feit dat die myn nie by die leweringsooreenkoms van vyf miljoen ton per jaar kan hou nie.

Produksiekostes het met die val van kolepryse wêreldwyd, in teenstelling die hoogte ingeskiet, wat ‘n direkte impak op Eskom se beursie het.

Eskom sal egter ook verantwoordelik wees vir die sluitingskoste van Arnot myn.

Eskom dok tans R900 per ton kole op by Arnot, terwyl die plaaslike koleprys sedert 2014, tot onder R680 per ton gedaal het.

Die skoknuus volg op die sluiting van Glencore se Shanduka Townlands myn, en die onlangse staking van oopgroef operasies by Glencore se Optimum myn, waarin Eskom ook ‘n besliste hand gehad het.

NUM se Mxolisi Hoboyi, taksekretaris by Arnot myn, sê myners gaan nie net omrol en lê nie.

Hy sê unielede dring daarop aan dat die leweringskontrak tussen Exxaro en Eskom hernieu word, sonder enige veranderings.

Wat hom kwel is die rippel-effek wat die afleggings van 1 700 werkers sal hê, “ons praat van minstens 10 000 mense wat hierdeur geaffekteer sal word”.

Verder sê Hoboyi, dring NUM-lede daarop aan dat die kontrak gebind word aan die myn se volhoubaarheid, tot 2031 geskat.

Hy sê Eskom moet hou by die tien-punt program wat deur die regering, georganiseerde besigheid en industrie rolspelers onderteken is op 31 Augustus vanjaar. Myners glo vas dat die regering sal ingryp om ‘n stokkie voor die afleggings te steek.

“Hierdie ding kan lei tot beurtkrag,” waarsku Hoboyi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button