VIDEO: Bus bots by Cafe 101
Mense het oopmond saamgedrom by Cafe 101 waar ’n bus pandemonium veroorsaak het rondom die middaguur.

Omstanders was sprakeloos oor die skade in die vreemde botsing waarin vier motors en ’n bus beskadig is.
Die motor waarteen die bus gebots het, het op sy dak in die middel van die besige roete gelê.
Na die botsing het die bus in die parkeerterrein ’n geparkeerde motor afgeskryf.
Twee ander geparkeerde motors is ook erg beskadig.
Die busdrywer het volgens tientalle omstanders, wat daar saamgedrom het, van die toneel af gevlug.
Kort na die botsing was die toneel omring met noodvoertuie.
Net die bestuurder van die motor waarteen die bus aanvanklik gebots het, is gering beseer.
Die Observer berig Vrydag meer indiepte oor die botsing en ander motorbotsings die afgelope week op die dorp.
