News

Laaste graffies geverf

Die Konsentrasiekamp grafte in Kareestraat (Kanonkop) wat nog nie geverf is nie, sal op 9 en 10 Julie voltooi word.

Enige persoon is op dié twee dae welkom om te gaan help.

Die verwery sal elke dag om 09:00 begin en die gemeenskap word gevra om die projek te ondersteun.

Daar is egter geen geriewe nie en verwers word gevra om hul eie piekniekmandjies met eet- en drinkgoed saam te neem.

Stoele of ’n kombers moet ook saamgevat word.

Indien ’n gesin belangstel om ’n graffie te verf, is hulle welkom om dit te doen.

Die verf word voorsien, asook ’n aantal rollers en kwaste.

Indien besoekers ’n kwas of twee kan saamneem, sal dit baie help.

Hierdie keer sal daar geen seremonie of aanbieding wees nie.

Die doel is om die graffies klaar te verf.

“Ons hoop om hierdeur eer te bewys aan hulle wat gesterf het sodat ons kan lewe. ’n Voorbeeld van wat ons voorsate deurgemaak het, kan gesien word in die onderstaande foto van mejuffrou Strydom met haar oorlede kleinsus op haar skoot net voor die kleintjie in ’n kombers toegerol en begrawe is in Bloemfontein,” het oud-landdros Jan Engelbrecht dié week gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button