Bekende boer sterf in ongeluk
'n Bekende boer, mnr. Koos de Beer (70), is opslag dood in 'n ongeluk op die Loskopdampad.
Volgens sy dogter, Hesta Buitendacht, het die ongeluk naby hul plaas (Mooiplaas) gebeur. Hy was oppad dorp toe om sake te gaan doen.
‘n Aankomende voertuig het ‘n waentjie met ‘n bees gesleep, waarop die waentjie losgehak en reg voor mnr. De Beer se Landrover Defender beland het. Hy het die waentjie getref en is opslag dood in die ongeluk.
Me. Buitedacht sê haar pa het sy lewe lank op die plaas gebly en sou aan die einde van die maand sy 71ste verjaardag gevier het.
Mnr. De Beer word oorleef deur sy dogter, Hesta, skoonseun, Morné, kleinseun Hendri en seuns, Kobus en Danie.
• Persone wat kontak wil maak met die familie, kan me. Buitendacht bel by 079 873 6839.
