Woensdagnag het Willem Cloete se pragtige dexter bul nog op sy plaas gewei. Later daardie oggend was hy in stukke opgekap en agter in ’n paneelwa ingedruk. FOTO: Tobie van den Bergh.
Vier mans het gistermiddag in die landdroshof op Middelburg verskyn na die slagting op plaasboer Willem Cloete se plaas, net buite Middelburg op die Loskopdampad.
Die vier, Vusi Mahlangu (42), Nkosinathi Vilakazi (37), Wiseman Mgidlana (42) en Thulani Nkosi (36), is Woensdag gearresteer. Hulle moet weer op 5 November in die hof verskyn en bly in aanhouding.
Een van die vier beeste wat Woensdag geslag is se kop lê in ’n veld, met die slagter langs hom. FOTO: Tobie van den Bergh.
Cloete het intussen vir prokureur Theo Pistorius aangestel om ’n oorsigtelike rol te speel in die saak.
Een van die mans was na bewering ’n dag voor die laaste slagting ook in die hof op aanklag van veediefstal.
Twee beeste is Sondag op Cloete se plaas gesteel en sewe verlede jaar.
Die Dexterbul wat Woensdag geslag en opgekap is, se waarde is R35 000.
Die vier beeste se vleis is agter in ’n paneelwa ingedruk en onder seile toegemaak.
Die mans is deur middel van hommeltuigtegnologie aangekeer en aan die polisie oorhandig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.