News

Muisklein met leeueveglus

Hy is op 'n 25 weke swangerskap prematuur gebore en weeg nou net 530g, maar die muisgrootte baba, het die veglus van 'n leeu!

Hy is op ‘n 25 weke swangerskap prematuur gebore en weeg nou net 530g, maar die muisgrootte baba, het die veglus van ‘n leeu!

Klein Waldo Groenewald is op 31 Oktober gebore, nadat bepaal is dat sy ma, Yolandi, Hellp-sindroom het (‘n toestand wat veroorsaak dat die moeder se liggaam die baba verwerp).

Me. Groenewald sê sy het baie siek geword en is na die Life Midmed Hospitaal, waar hulle haar per ambulans oorgeplaas het na die Kosmos Hospitaal (waar haar ginekoloog is). By Kosmos is sy in die intensiewe eenheid opgeneem. Omdat haar bloedplaatjietelling bly val en haar lewe in gevaar was, moes ‘n noodkeiser gedoen word.

Die piepklein babaseuntjie het 630g met geboorte geweeg en is na die neonatale intensiewe eenheid geneem, waar hy aan ‘n ventilator gekoppel is.

In die eerste week het sy gewig na 530g geval, maar me. Groenewald sê sy glo hy sal meer weeg hierdie week, want hy reageer goed op die voeding en die ventilator is selfs hierdie week al afgehaal.

Sy vertel laggend dat hy allerhande gesigte vir hulle trek en sy beentjies optrek en hom effens opstoot om te wys hy hou nie daarvan as hulle hom op sy magie sit nie.

Me. Groenewald en haar man, Willie, ry elke dag vanaf Middelburg na die Kosmos Hospitaal om by hul baba te wees.

Dokters het hulle meegedeel dat Waldo waarskynlik sowat drie maande in die hospitaal sal moet deurbring en dat hy 1.8kg moet weeg voor hy huistoe kan gaan. Hulle hoop dit sal so by 2 Februarie aanstaande jaar wees. “Dit was die eintlike datum wanneer hy gebore sou word!”

• Die egpaar wil graag familie en vriende bedank wat hulle ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button