News

Weerlig slaan man tot in hospitaal

Daar is 'n gesegde wat sê dat weerlig nie tweemaal op dieselfde plek slaan nie. Twee gesinne wat bykans 80 kilometer uitmekaar bly, hoop dat hierdie gesegde water dra nadat albei hierdie week noue ontkominge met weerlig gehad het.

Eddie Louw sê dat hulle Dinsdagaand net na 21:00 ‘n harde slag gehoor het. Hy en sy vrou Cornel, wat voor die televisie gesit het, is raakgeslaan.

Neels de Vaal, wat op daardie stadium in die deur van die tv-kamer gestaan het, is deur die weerlig van balans afgeruk en verblind. JP Louw, wat in die proses was om op ‘n stoel te gaan sit, sê dat hy ‘n blink straal vanaf ‘n oop venster by hom sien verby flits het.

Mnr. Louw is na die Midmed Hospitaal geneem vir waarneming en na ‘n paar ure ontslaan. Hy sê dat sy skade op R14 000 beraam word.

• Op Stoffberg het Antoinette Human Woensdag gewip soos sy skrik, toe die weerlig reg langs haar slaan, terwyl sy besig was om die stoep by haar huis te vee.

Toe die storm verby was het sy en haar man, Jaco, gesien dat die weerlig ‘n boom waaronder haar motor gewoonlik staan, flenters geslaan het. ‘n Gedeelte van die boom het reg voor haar motor geval met die takke op die enjinkap.

Sy sê dat dit ook maar net geluk was dat haar man vroeër die dag met haar voertuig gery het en dit ‘n paar meter weg van sy gewone staanplek geparkeer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button