News

Viooltjiespinnekop byt vyftienjarige

'n Vyftienjarige meisie het erg siek geword nadat 'n viooltjiespinnekop haar kort voor Nuwejaar op die voet gebyt het.

Jodine Visagie (15) is nie seker of die spinnekop haar in Middelburg of tydens ‘n naweek wegbreek by Seekoeigat (‘n vakansie-oord naby Groblersdal) gebyt het nie.

Sy het op Nuwejaarsdag gesien daar vorm ‘n blaas op haar voet. Haar ouma, Ina Wehmeyer, het aanvanklik gedink Jodine het haar met iets gebrand, maar toe dit erger word, is hulle dadelik dokter toe. Die dokter het antibiotika voorgeskryf.

Jodine se oupa, Thys, het ook by mnr. Victor Boshoff (slang- en spinnekopkenner) aangeklop. Hy het hulle vermaan om nié die wond oop te maak nie, maar ‘n spesifieke salf aan te koop wat sal help.

Jodine Visagie is deur 'n viooltjiespinnekop gebyt.
Jodine Visagie is deur ‘n viooltjiespinnekop gebyt.

Jodine se ma, Berdine, sê sy was op ‘n stadium erg siek en het pyn gehad vanaf haar voet tot by haar knie.

Na ‘n paar dae het die blaas oopgebars en het geweldig baie sig uit die wond geloop. Hulle het Vrydag gesê dat sedert die blaas oopgebars het, die voet besig is om mooi gesond te word.

•Volgens mnr. Boshoff kom viooltjiespinnekoppe wel in Middelburg voor en is giftig. ‘n Vrou van eMalahleni is sowat drie jaar gelede dood nadat ‘n viooltjiespinnekop haar gebyt het.

Daar is nie anti-serum beskikbaar vir viooltjiespinnekopbyt nie (slegs vir knopiespinnekoppe) en pasiënte moet doktersbehandeling kry. Die gif is sitotoksies en val die weefsel aan.

Hulle raai aan dat pasiënte, nadat hulle antibiotika by die dokter gekry het, ook Supiroban-salf op die wond smeer.

Die plek waar die viooltjiespinnekop haar op die voet gebyt het. Dit het eers 'n erge blaas gevorm en daarna oopgebars.
Die plek waar die viooltjiespinnekop haar op die voet gebyt het. Dit het eers ‘n erge blaas gevorm en daarna oopgebars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button