Observer Daller

Opknapping gee klubhuis nuwe aansig

Die Groblersdal Rolbalklub se klubhuis spog nou met ’n vars nuwe voorkoms danksy ’n opknappingsprojek en ondersteuning uit die gemeenskap.

Die Groblersdal Rolbalklub se klubhuis het onlangs ’n netjiese nuwe voorkoms gekry nadat die plafon op die stoep opgeknap is met verf wat deur Build It Groblersdal geskenk is.

Benewens die verf het die onderneming ook ’n kruiwa aan die klub geskenk, wat groot waardering onder lede ontlok het.

Volgens die klub is die projek reeds voltooi en het die varsgeverfde plafon vir ’n merkbare verbetering aan die algehele voorkoms van die klubhuis gesorg.

Die klub het sy opregte dank uitgespreek teenoor Build It Groblersdal vir die ondersteuning en bydrae tot die opknappingsprojek.

Spesiale dank is ook oorgedra aan komiteelid Hannes van Rooyen en die klub se toegewyde baanopsigter, Tom Moyo, vir hul harde werk en toewyding.

Lees ook: Daller vier eenheid en omgee

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button