NewsUpdate
(Update) Video: Wou mans kind ontvoer?
'n Dertienjarige dogter is deur twee mans gedreig dat sy nooit weer haar familie sal sien nie, terwyl sy gaan inkopies doen het.

Ná die voorval Sondag is sy te bang om by die huis uit te gaan.
“Ons weet nie of hulle ernstig was of nie, maar ‘n mens weet nooit. Ons het nog nooit probleme in hierdie area gehad nie en ons kinders loop gereeld alleen net oor die pad OK Grocer toe. Hulle loop ook elke dag skooltoe.
Dit maak mens egter bang en nie een van die kinders kan nou meer alleen loop nie! Ons moet mense hierdeur waarsku,” het ’n familielid gesê.
Lees meer in hierdie week se Middelburg Observer, sien video hier:
Lees vorige berig hier:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
