Opvolg: Die swerwer egpaar is terug in Kanonkop
Die swerwer egpaar, Rassie en Janetta Erasmus, is in die Kanokop Spar parkeerarea opgemerk.
‘n Man wat agter Rassie in die ry by ‘n kassier in Spar gestaan het, vertel dat hy “vreeslik baie kontant” aan hom gehad het.
“Hy het hande vol geld gehad. Maar ek kon sien iets is nie reg nie, want hy en sy vrou is vol sere, veral op hulle wange.”
Nog iemand het gebel en gesê dat hulle bekommerd is oor Janetta, wat met krukke loop, se been.
Rassie is vir die eeste maal in April 2014 opgemerk toe hy in sy motor by die Midwater Engen Vulstasie gestaan het. Nadat sy vrou, Janetta, wat in eMalahleni vir dwelmbesit gearresteer is en ook al in die hospitaal was vir onbekende redes, by hom aangesluit het, swerf die paartjie in Middelburg rond.
Hulle ontken hul dwelmprobleem en weier enige hulp, buiten vir finansiële bydraes of staanplek vir hul motor.
Lees meer hier:
Video: Egpaar nou in Joubertstraat
